Regerings van DRK, Zambië werk aan koperwinste

Die regerings van Afrika se grootste koperprodusente, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië, werk aan ooreenkomste om blootstelling aan metaalhandel te verkry. Die potensiële winste van koper kan groot wees aangesien die vraag aangewakker word deur die gebruike daarvan in KI, elektriese voertuie en die oorgang na groener krag. Terwyl nuwe voorrade moeilik is om te vind verhoog dit die bedingingsmag van die hulpbronhouers. Kongo en Zambië, wat saam meer as 13 persent van die wêreldwye kopervoorraad verteenwoordig, het die afgelope jaar hul fokus op die verkryging van van die ontginde metaal vergroot.