Petro vra landsburgers om die VSA te verlaat, ‘kom huis toe’

Die Colombiaanse president Gustavo Petro het n versoek aan ongedokumenteerde migrante in die VSA  gerig: Kom dadelik huis toe en bou maatskaplikerykdom. Dit kom minder as ‘n week nadat hy en die VSA amper in ‘n handelsoorlog betrokke geraak het. Petro, wat in 2022 verkies is as Colombia se eerste linksgesinde president, het selfs lenings aangebied wat terugkerende migrante kan help om ‘n besigheid te begin. Die land se departement vir maatskaplike welvaart is geskep om klein lenings aan te bied.