Mbumba bly tuis vir Nujoma, ANC wens hom beterskap toe

Terwyl SAOG-leiers in Harare vergader oor die konflik in die DRK het president Nangolo Mbumba besluit om tuis te bly en eerder verdedigingsminister Frans Kapofi gedelegeer. Die perssekretaris sê Mbumba bly tuis om die toestand van stigterspresident Sam Nujoma te monitor. Nujoma, 95, is Donderdag in die Lady Pohamba-hospitaal opgeneem. Terwyl daar geen amptelike verklaring van die regering was nie, word daar verneem sy toestand is stabiel, maar ernstig. Intussen het die ANC Nujoma beterskap toegewens. Mahlengi Bhengu-Motsiri, ANC-woordvoerder…