Italië blok toegang tot DeepSeekFebruary 1, 2025

Italië se databeskermingsowerheid het toegang tot die Chinese KI-toepassing DeepSeek geblokkeer om gebruikers se data te beskerm en ‘n ondersoek na die maatskappye agter die toepassing aangekondig. Owerhede is ontevrede oor DeepSeek se reaksie op sy aanvanklike navraag oor watter persoonlike data ingesamel word, waar dit gestoor word en hoe gebruikers in kennis gestel word. Verder sê owerhede DeepSeek het verklaar dat hy nie in Italië werksaam is nie, en dat Europese wetgewing nie op hom van toepassing is nie. DeepSeek het markte verpletter met sy vrystelling die week.