Ford keer terug na Le Mans in 2027February 1, 2025
Ford het aangekondig hy keer in 2027 terug na die Le Mans-uithouwedren se premier-Hipermotor-afdeling met ‘n prototipe wat aan die Wêreld-uitdaagkampioenskap gaan deelneem. Die Amerikaanse vervaardiger, wat die legendariese byeenkoms van 1966 tot ’69 vier jaar in ‘n ry gewen het, hoop om dié vertoning en welslae van byna 60-jaar gelede te herhaal. Ford het reeds in 2016 op ‘n wennoot teruggekeer om die Groot-toer-uithou-kategorie voor Ferrari weg te raap – net soos in 1966.