BoN verloor appèl in forexsaak op tegniese puntFebruary 1, 2025

Die hooggeregshof het ‘n appèl van die Bank van Namibië teen agt besighede in die noordelike streke, insluitend NEMI Investments, Rani Traders en Rundu Cash and Carry, van die hand gewys. Die sentrale bank het die appèl op ‘n tegniese punt verloor deur ‘n personeellid te gebruik om rekeninge te bokkeer sonder dat sy die magtiging daarvoor gehad het. Die besighede het toestemming by sentrale bank gekry om Amerikaanse dollar van hul Angolese kliënte te aanvaar ‘streng in betaling van goedere verkoop of dienste gelewer’. Maar die bank het bevind dat hulle betrokke was by die oortreding van die forexregulasies en het Bank Windhoek opdrag gegee om hul rekeninge te blokkeer. Regters Theo Frank, Peter Shivute en Petrus Damaseb het beslis dat die sentrale bank se amptenaar nie gemagtig was om die opdrag te gee nie.