Voorverhoor in Joslin Smith-saak uitgestel

Die voorverhoor in die verdwyning van Joslin Smith is in die Hooggeregshof in Kaapstad uitgestel tot einde volgende maand. Joslin se ma, Kelly Smith, was alleen teenwoordig want haar kêrel, Jacquen Appollis, en die ander beskuldigde, Steveno van Rhyn, het weens ‘n administratiewe fout nie by die hof opgedaag nie. Die drie word aangekla van die verdwyning van die sewejarige Joslin in Februarie verlede jaar van haar huis in Saldanhabaai aan die Weskus. Regter Gayaat da Silva Salie het beveel hulle moet op 28 Februarie weer in die hof wees.