Verklarings vir dieregesondheid moet vandag in wees
Veeboere se dieregesondheidsverklaring moet teen vandag ingedien word. Die amptelike verklaring moet elke ses maande ingevul word vir Januarie tot Junie en Julie tot Desember en dit is verpligtend dat die verklarings binne 30 dae ná die einde van elke verslagperiode ingedien word. Die NLU sê data wat ingesamel word deur die indiening van verklarings word gebruik vir dieresiektebeheer, vir die monitor van dieresiektetendense sowel as vir verpligte rapportering aan die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid. Verklarings kan by die NamLITS-stelsel ingedien word.