Nujoma, 95, opgeneem in hospitaal

Namibië se stigterspresident, Sam Nujoma, is in ‘n privaat hospitaal in Windhoek opgeneem. Die Engelse dagblad The Namibian berig dat hooggeplaaste regeringsamptenare vandeesweek ingelig is dat hy in ‘n kritieke toestand is. Nujoma se seun, Utoni, was na wat berig word nie beskikbaar om kommentaar te lewer nie, en ook nie sy persoonlike dokter Tshali Ithete nie. Nujoma was ook in Julie verlede jaar gehospitaliseer. Nujoma is 95.