Gray draf môre vir Skotland uit
Die slot Jonny Gray sal sy eerste toets in byna twee jaar vir Skotland speel nadat hy in die opdrafspan ingesluit is vir môre se Sesnasies-tuiswedstryd teen Italië. Die 30-jarige het 2023 se Wêreldbekertoernooi weens ‘n kniebesering misgeloop. Edinburgh se haker, Dave Cherry, kan ook sy eerste toets sedert die Wêreldbeker speel. Stafford McDowell vervang die beseerde kaptein, Sione Tuipulotu, op binnesenter, en die rekord-driedrukker, Duhan van der Merwe, is weer fiks na ‘n enkelprobleem.