Uitspraak vandag verwag in Fishrotters se tronkverhoor-saak  

Die saak waarin Nigel Van Wyk, ‘n beskuldigde in die Fishrot-korrupsiesaak, sekere aanklagte teen hom uitdaag, is in die Windhoekse Hoërhof deur regter David Munsu tot 30 Januarie uitgestel vir uitspraak maar verskyn nie vanoggend op die rol nie. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Wel op die rol is die uitspraak in die saak waar Fishrotters  Sacky Shanghala, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo vra die hofverrigtinge uit die gevangenes-hof verskuif moet word. Dit word om tien deur regter Shafimana Ueitele verwag. Hulle voer aan dit skend hulle regte, veral om agter tralies verhoor te word en dat dit hulle onskuld ondermyn. Die tralies is in Oktober verlede jaar verwyder. Die staat verdedig.