Ten spyte van reën is situasie nog kritiek

Ondanks onlangse reën beleef groot dele van die land steeds erge droë toestande. Die Droogtehulpfonds van Namibië berig dat hul fondse vir hierdie jaar min word en dat baie boere nog finansiële bystand benodig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henriette Le Grange van die droogtehulpfonds, wat die kritieke situasie uiteensit.