Rashford ‘behoort hom te skaam’ oor Man U-ballingskap
Sokker: Die voormalige kaptein van Manchester United, Roy Keane, sê Marcus Rashford, behoort hom te skaam oor sy ballingskap onder bestuurder, Ruben Amorim. Die 27-jarige het sewe weke laas vir United gespeel. Amorim het gesê hy moet verander indien hy in die toekoms weer op Old Trafford wil speel. Die Engelse voorspeler is nie ingesluit in die groep vir vandag se wedstryd in die Europese Liga in Roemenië teen FCSB nie. Rashford word verbind met ʼn moontlike leenooreenkoms met Barcelona, maar daar is min tyd oor voor Maandag se sluitingsdatum vir oorplasings.