Fed se besluit plaas druk op SARB, BoN
Die Amerikaanse Federale Reserweraad het rentekoerse onveranderd gehou, ondanks druk van president Donald Trump om dit te verlaag. Intussen word daar verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank vanmiddag sy repokoers besluit moet bekend maak. Die koers in die buurland staan tans op 7,75 terwyl Namibië s’n op 7 persent is. Ekonome het ‘n beroep op die buurland se sentrale bank gemaak om die koers af te bring maar, Dawie Roodt sê die twee plaaslike banke se ruimte is beperk.