AfriForum het strategie teen Onteieningswet
AfriForum sal vandag sy strategie bekend stel om die nuutbekragtigde Onteieningswet te beveg. President Cyril Ramaphosa het dit verlede week onderteken, en dit het teenkanting sowel as ondersteuning ontvang. Ernst van Zyl van AfriForum waarsku die wet bedreig privaat eiendomsregte, voedselsekerheid en ekonomiese bestendigheid. Hy sê hulle is bereid om sterk op te tree om te voorkom dat die wet ingestel word.