Verkragtingsbewering-spelers op bank vir Frankryk teen Wallis
Rugby: Oscar Jegou en Hugo Auradou, wat verlede jaar in Argentinië van verkragting beskuldig maar later vrygelaat is, begin op die bank vir Frankryk in die eerste Sesnasies-wedstryd teen Wallis. Die saak teen die 21-jarige voorspelers is verlede maand laat vaar, maar die klaer se prokureur het geappelleer en die verhoor is vir 10 Februarie vasgestel. Die twee kry Vrydag in die Stade de France die geleentheid omdat die flank Charles Ollivon en die slot Thibaud Flament beseer is.