TLU-SA vra Cyril vir praktiese oplossings vir probleme

Die landbou-organisasie, TLU SA doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om praktiese oplossings voorop te stel in sy Staatsrede aanstaande Donderdag in Kaapstad. Bennie van Zyl van TLU SA sê Ramaphosa moet die moed hê om as ‘n ware staatsman op te tree en daadwerklik aandag gee aan die kwessies wat die land lamlê. Hy sê Suid-Afrika benodig dringende ingryping, nie vir politiek nie, maar vir vooruitgang.