Scheffler opgewonde oor eerste toernooi na besering

Gholf: Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, sê hy is opgewonde om weer aan ‘n toernooi deel te neem, want dis frustrerend om nie te kan speel nie. Die Amerikaner het sy regterhand seergemaak toe hy gehelp het om Kersete voor te berei, en moes geopereer word. Hy en Rory McIlroy maak hierdie week hulle eerste verskyning in ʼn PGA-toernooi vanjaar as deel van ʼn sterbelaaide groep in die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië. Scheffler sê hy geniet die Pebble Beach-baan.