Rashford moet in kleedkamer verban word 

Manchester United se gewese middelveldspeler, Paul Scholes, sê Marcus Rashford het sy spanmaats in die steek gelaat en behoort uit die kleedkamer verban te word. Die Engelse voorspeler het op 12 Desember laas vir United gespeel, en hoofafrigter Ruben Amorim het hom sedertdien telkens uit sy span gelaat, behalwe vir een wedstryd wat hy op die bank was, maar nie gebruik is nie. Amorim het Sondag gesê hy sal eerder die 63-jarige doelwagter-afrigter Jorge Vital kies as die 27-jarige Rashford, wat hy sê nie hard genoeg probeer nie.