Polisie lê beslag op duisende Angolese sigarette 

Die polisie in die Kavango Wes-streek het beslag gelê op 10 000 pakkies onwettige Yes-sigarette sowel as 4 400 Forum-sigarette by die Namasira-padblokkade. Die polisie sê die sigarette is afkomstig van Angola en die 32-jarige man van Okongo het nie die nodige permitte gehad daarvoor nie. Die sigarette is aan NamRA oorhandig en die man gearresteer.