Omgewingministerie probeer mens-dier konflik versag

Mens-dier-konflik bly ‘n beduidende uitdaging in Namibië, waar gemeenskappe wat in die nabyheid van wild woon dikwels skade aan gewasse, veeverliese en selfs beserings en sterftes ervaar. Die regering het die mens-dier-konflikbeleid in 2009 ingestel, en dit in 2018 hersien om versagtingstrategieë te verbeter. Aangesien landelike gemeenskappe uitbrei, kom mense al meer in kontak met wilde diere. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met omgewingminister Pohamba Shifeta, wat ‘n opdatering gee oor die ministerie se pogings om mens-dier konflik te minimaliseer.