Nust vat gewone vlak leerders 

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, bly verbind tot toeganklike onderwys van hoë gehalte vir kwalifiserende Namibiërs. Met ‘n minimum toelatingsvereiste van 25 punte in vyf vakke, erken die universiteit die Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak vir toelating tot sy programme. Nust ondersteun studente met oorbruggingsprogramme en aansoeke is nog oop vir sekere kursusse. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nashilongo Gervasius, Nust se waarnemende direkteur van korporatiewe betrokkenheid en internasionalisering.