Meatco raadsvoorsitter sê oor ontstoke werkers na aanstelling
‘n Brief, vermoedelik van Meatco-werknemers, is aan die raad gestuur om hulle misnoeë uit te spreek oor die raad se versuim om die uitvoerende hoof Mwilima Mushokabanji in sy pos te hou, ten spyte van ‘n opdrag deur die kabinet daarvoor. Hulle dreig om te staak as sy kontrak nie in vyf dae weer ingestel is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se voorsitter, Sakaria Nghikembua, gepraat.