Mali, Niger en Burkina Faso verlaat Ecowas
Mali, Niger en Burkina Faso, wat deur juntas regeer word, het vandag na meer as ‘n jaar se diplomatieke spanning amptelik die belangrikste politieke en handelsgroep in Wes-Afrika, Ecowas, verlaat. Die onttrekking het die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State geskud, want baie beskou dit as die belangrikste streeksgroep op die vasteland en vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Die breuk is veroorsaak deur die staatsgreep in Niger in Julie 2023, en militêre regeerders in Burkina en Mali het ook sedert 2020 die mag oorgeneem.