KI-tegnologie help met woudbewaring in Kenia

Kenia se bewaringsbewustes gebruik ’n toepassing wat deur kunsmatige intelligensie aangedryf word om woude se verval te monitor en herbebossing te ondersteun. Die toepassing samel data in om die toestand van woude te bepaal en te beraam hoeveel koolstof woude kan berg. ʼn Woordvoerder van Kenia se Wouddiens, James Mwang’ombe, het aan Voice of America gesê die land het die afgelope dekade tot 12-persent van sy boombedekking verloor.