Israel voer lugaanvaal in suide van Libanon uit

‘n Israeliese lugaanval Dinsdag op Nabatieh, ‘n groot dorp in die suide van Libanon, het 14 mense beseer. Sekuriteitsbronne het ‘n tweede aanval in ‘n nabygeleë gebied aangemeld. Hulle sê die eerste het ‘n voertuig gelaai met wapens geteiken, terwyl die teiken van die tweede nog onduidelik was. Die Israeliese weermag het nie onmiddellik op ‘n versoek om kommentaar gereageer nie. Israeliese magte het Sondag en Maandag minstens 24 mense doodgemaak en minstens 141 gewond in die suide van Libanon, volgens die Libanese gesondheidministerie. Dit kom terwyl duisende mense probeer om terug te keer na hul huise in die gebied, in weerwil van Israeliese militêre bevele.