GOOD sê Onteieningswet val nie onder eenheidsregering nie
Die GOOD-party sê pogings van die DA om die geskilbeslegtingsmeganisme van die regering van nasionale eenheid te gebruik om die Onteieningswet te probeer verhinder, is sonder meriete. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, voer aan dat die wet, wat verlede jaar deur die parlement aangeneem is, nie onderhewig is aan die RNE-ooreenkoms van 2024 nie. Hy beskryf die DA se standpunt as irrasioneel en beklemtoon grondhervorming is dringend en die wet moet onverwyld ingestel word: