Drie ontbinde lyke in Erongo-streek gerapporteer

Die Erongo-polisie het drie gevalle gerapporteer van ontbinde liggame wat in die veld gekry is. Saterdagmiddag is die ontbinde lyk van ‘n onbekende man deur ‘n veewagter in die veld op plaas Tubusis pos 2 gekry. Alle pogings om sy familie op te spoor was tevergeefs. Ook Saterdag het ‘n boer van plaas Dawe Tsaub naby Otjimbingwe menslike bene in a rivierloop ontdek. Dit het bestaan uit ‘n ruggraat, ribbes en skedel tussen oorblyfsels van klere. Die liggaam is deur ‘n familielid uitgeken as die vermiste Katrina Paulina Boois. Dinsdagmiddag is die oorblyfsels van die vermiste Andries Oaeb op plaas Okatjio naby Okombahe gevind.