Alzheimer Dementia Namibia werk aan nuwe behandeling
Demensiemedikasie kan voordele bied in die bestuur van simptome soos geheue- en denkprobleme. Hulle is egter nie ‘n kuur nie en hul effekte verskil. Sommige algemene medikasie sluit in cholinesterase-inhibeerders en memantine. Dit kan help om kognitiewe agteruitgang in sommige gevalle te vertraag, maar dit keer nie die onderliggende skade om nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Berrie Holtzhauzen, die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, wat ‘n nuwe vorm van behandeling beskryf.