Wetgewing wat sloer ‘is veral ministers se skuld’
Namibië se wetgewende landskap openbaar ‘n kommerwekkende wanbalans, waar sekere wetsontwerpe vinnig vorder terwyl ander stagnant bly weens politieke en ekonomiese belange. Die vinnige aanvaarding van die Huwelikswet-wysiging, wat selfdegeslaghuwelike verbied, kontrasteer skerp met die langdurige vertraging van die Wetsontwerp op Huurbeheer, wat sedert 2017 hersien word. Daar is onlangs bevestig dat die Huurbeheerwetsontwerp nie in die huidige parlement aangespreek sal word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo gesels wat sê dat ons ministers moet blameer vir die gebrek aan dringendheid wanneer dit kom by wetsontwerpe wat stof opgaar.