Volle TVET-beurse beskikbaar vir olie-, gasbedryf

Namibië se opkomende olie- en gassektor skep nuwe geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling, veral op tegniese gebiede wat noodsaaklik is vir die bedryf se groei. Petrofund, in samewerking met Harmattan Energy, het ten volle befondsde TVET-beurse vir 2025 aangekondig. Hierdie beurse, wat by die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie se Keetmanshoop-kampus aangebied word, dek opleiding in ketelmaak, elektries, en pas en draai. Aansoeke moet teen 9 Februarie ingedien word. Shoki Kandjimi, Petrofund se woordvoerder, gee meer inligting.