Shololo verskyn, borg geweier 

Die tweede verdagte in die gewaagde Namdia-roof wat sy werknemer Francis Eiseb en vermeende rower Max Endjala dood gelaat het, Sam Shololo is borgtog geweier toe hy vandag sy eerste hofverskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak het. Landdros Olga Muharukua het saam met staatsaanklaer Rowan van Wyk gestem, met verwysing na die erns van die aanklagte en dat hy op die toneel gearresteer is. Hy is onder swaar polisiebegeleiding voor die hof gebring na hy op 21 Januarie uit die hospitaal ontslaan is. Sy saak is ook soos Joel Angula, die ander verdagte s’n, tot 23 Mei uitgestel. Hy sal aansoek doen vir regshulp.