Riviere bly laag, net Zambezi effe hoër
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het met 3 centimeter gestyg tot 0,77 meter, volgens die Hidrologiese Diens. Die watervlak is heelwat laer as die 1,44 meter wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het van 5,23 meter gister tot 5,17 meter vanoggend afgeneem. In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar het dit op 6,06 meter gestaan. Die Kunenerivier by Ruacana neem steeds af en het vanoggend ‘n vloei van 315,80 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die watervlak by Blouputs aan die Benede Oranjerivier het vanoggend onderskeidelik 0,31 meter en 0,29 meter aangeteken.