Rekord-mielieprys sal jou sak raak

Die prys van mielies het skerp gestyg in Suid-Afrika, vanwaar Namibië meeste van sy mielies invoer. Plaaslik was oeste uiters swak weens die droogte en so ook in die res van Suider-Afrika. In die buurland het die prys gestyg van 4 255 Suid-Afrikaanse rand per ton in Julie verlede jaar tot 6 785 rand ‘n ton, ver bo die 100 dag gemiddeld van 5 871 rand. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher.

Laubscher wys die impak op Namibiese verbruikers uit.