Nog hofstukke teen Onteieningswet
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy is besig om hofstukke op te stel aangesien hy die Onteieningswet in die hof gaan betwis. Die woordvoerder, Gabriel Crouse sê die wet, wat onlangs onderteken is, maak voorsiening vir onteiening sonder vergoeding in ‘n onbepaalde reeks omstandighede. Hy sê die instituut is jare reeds ‘n vegter vir die eiendomsreg van alle Suid-Afrikaners en die openbare mening is sterk gekant teen die wegkalwe van hierdie regte.