Keniaanse president belê noodberaad oor DRK-krisis
Die Keniaanse president en voorsitter van die Oos-Afrika Gemeenskap, William Ruto, het ‘n buitengewone beraad belê om die toenemende geweld in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo te bespreek. Dit kom terwyl nog vier Suid-Afrikaanse soldate dood is in intense gevegte met M23-rebelle. Ruto het beklemtoon staatsmanskap is belangriker as militêre oplossings en dialoog aangemoedig om die krisis op te los. Ruto sê die noodvergadering, wat vir môre beplan word, sluit die president van Rwanda, Paul Kagame en die president van die Kongo, Félix Tshiseke