Google Maps verander plekname na Trump-bevel

Google sal die naam van die Golf van Mexiko na die Golf van Amerika verander in sy Google Maps-toepassing, na Amerikaanse president Donald Trump beveel het dat die watermassa in Amerikaanse regeringsdokumente hernoem word. Die naamsverandering sal slegs vir Google Maps-gebruikers in die VSA verskyn. Amerikaanse app-gebruikers sal ook sien dat Noord-Amerika se hoogste berg, Mount Denali, se vorige naam, Mount McKinley, gebruik word na ‘n aparte bevel van Trump. Google sê wanneer amptelike name tussen lande verskil, sien Maps-gebruikers hul amptelike plaaslike naam. Almal in die res van die wêreld sien albei name.