Bring SA soldate terug uit DRK ‘voor almal sterf’

Save South Africa het ‘n beroep gedoen op die regering en die verdedigingminister, Angie Motshekga, om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se soldate wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, huis toe te bring voor almal sterf. Die woordvoerder, Tebogo Mashilompane, sê die regering moet die dinamika in die DRK, veral in die Suid-Afrikaanse kamp, akkuraat nagaan en rapporteer.