Brandstofprys sal waarskynlik in Februarie stygJanuary 28, 2025
Motoriste in Suid-Afrika is reeds gewaarsku oor aansienlike stygings in brandstofpryse in Februarie. Dit is ten spyte van die onlangse versterking van die rand en dalings in oliepryse. In Namibië gaan die komitee wat die brandstopryse bepaal Donderdag vergader. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, wat sy voorspelling vir die Februarie-brandstofpryse deel.