Windies wen eerste toets in Pakistan in 34 jaar
Krieket: Die Windies het die eerste keer in 34 jaar ʼn toets in Pakistan gewen toe hulle die tuisspan met 120 lopies geklop het in die tweede wedstryd in Multan. Die besoekers is in hulle eerste beurt vir net 163 lopies uitgeknikker maar het die gashere daarna vir 154 uitgehaal. Die Windies het in hulle tweede beurt 244 aangeteken, wat aan Pakistan ‘n wenteiken van 254 gestel het. Die draaibouler Jomel Warrican het toe vyf paaltjies laat kantel. Die reeks het gelykop geëindig nadat Pakistan die eerste toets gewen het.