Werk en hou vakansie in Kiwiland
Nieu-Seeland sal losser visumreëls instel om digitale nomades te lok. Volgens berigte is dit om sy toerismesektor en ekonomie ‘n hupstoot te gee. Erica Stanford, immigrasieminister het in ‘n verklaring gesê die besoekersvisum sal vanaf 27 Januarie aangepas word om mense toe te laat om te werk terwyl hulle in die land reis. Sy het in ‘n perskonferensie ná die aankondiging bygevoeg dat sy onseker is hoeveel mense die geleentheid sal aangryp, maar digitale nomade visums is uiters gewild in ander lande.