Veteraan-stut uit Ierland se Sesnasies-wedstryd teen Engeland
Rugby: Die veteraanstut Tadhg Furlong gaan Ierland se openingswedstryd in die Sesnasies teen Engeland misloop. Hy het sy kuit beseer tydens die span se oefenkamp in Portugal en het huiswaarts gekeer. Jack Aungier is na die groep opgeroep as plaasvervanger vir Saterdag se wedstryd in Dublin. Die 32-jarige Furlong het deesdae las van beserings en kon nie in een van die November se toetse vir Ierland speel nie. Frankryk en Wallis skop Vrydag die Sesnasies in Parys af en Skotland en Italië meet Saterdag kragte in Edinburgh.