Verhoef vra hof vir bewaringsbevel na beweerde bedrog by GIPF
‘n Vermeende bedrogspul by die Regeringsinstellings Pensioenfonds draai vandag in die hoërhof met die adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef wat in ‘n uitgebreide verklaring die hof vir ‘n bewaringsbevel vra rakende amper 637 000 Namibiese dollar wat in ‘n rekening in krediet by Pupkewitz Megabuild gehou word. Die beweerde komplot is uiters kompleks maar volgens Verhoef is die geld opbrengste van bedrog en sy vra Regter Esi Schimming-Chase om dit te bewaar. Volgens Verhoef is meer as 18,6 miljoen dollar by die pensioenfonds verduister.