Trump se staking van hulp kan Haïti knou
Leslie Voltaire, die president van Haïti se oorgangspresidensiële raad, waarsku dat onlangse besluite deur die Trump-administrasie, spesifiek om hulpprogramme te staak, migrante te deporteer en vlugtelinge te blokkeer, katastrofiese gevolge vir Haïti sal hê. Hy sê die verlies van Amerikaanse humanitêre hulp die reeds haglike situasie in Haïti dramaties sou vererger. Hy voeg by dat daar ongeveer 1,5 miljoen Haïtiane in die Verenigde State is. In ‘n verslag wat hierdie maand vrygestel is, het die VN-migrasie-agentskap gesê dat interne verplasing in Haïti oor die afgelope jaar verdriedubbel het en nou een miljoen mense oorskry.