Trump se bevele en beleid sal nie noodwendig suksesvol wees nie – ekonoom

Dit is nie besigheid soos gewoonlik in die wêreldekonomie ná Amerikaanse president Donald Trump se inhuldiging nie. Hy het gedreig om hoë invoertariewe in te stel en het verlede week gevra dat belasting, oliepryse en rentekoerse wêreldwyd verlaag word. Die olieprys het sedertdien gedaal, die Amerikaanse dollar het veld verloor en dit lyk of beleggers ‘n wag-en-sien-houding ingeneem het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper.