Teenkorrupsie-kommissie sê oor RedForce-klagtes

Die Katutura-inwonerskomitee het ‘n protes by die Teenkorrupsie-kommissie gehou oor die kontrakte van verskeie dorpe met die skuldinvorderaar RedForce. Gemeenskapsleiers van Okahandja en Gobabis het ook die protes bygewoon en ‘n petisie is aan die kommissie oorhandig. Die betogers is veral ontevrede oor klagtes van korrupsie teen RedForce en dorpsrade wat volgens hulle nie aangespreek word nie. Die kommissie se adjunk-direkteur-generaal, Erna van der Merwe, het met die betogers gepraat.