Skaap-uitvoere: Calle sê dis op die private sektor
Landbouminister Calle Schlettwein sê die regering sluit handelsooreenkomste om marktoegang vir Namibiese skaapvleis te skep. Die onus rus op die private sektor om dié geleenthede te benut, sê hy. Beesvleis word reeds na China uitgevoer en die mark vir kleinvee word nou verder ondersoek. Kosmos 94.1 het met minister Schlettwein oor die kwessie gepraat.
Schlettwein het melding gemaak van Farmer’s Meat op Mariental, wat reeds kleinvee verslag en uitvoer na Noorweë as moontlik vennoot.