Palestyne keer uiteindelik terug na noordelike Gaza
Derduisende Palestyne het vandag teruggekeer na die verwoeste noordelike deel van Gaza na Israel sy sluiting van die noorde opgehef het in ooreenstemming met die brose wapenstilstand. Groot groepe mense het langs ‘n hoofweg langs die kus beweeg in wat as ‘n massa uittog beskryf word. Palestyne wat al meer as ‘n jaar in tentkampe en skole wat skuilings geword het woon, is gretig om na hul huise terug te keer – selfs met die wete dat hulle waarskynlik beskadig of vernietig is. Dit kom na Donald Trump gevra het dat Jordanië en Egipte Palestyne moet huisves.