Onteieningswet bedreig boere, hele SA: TLU SA

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die omstrede Onteieningswet is ʼn ernstige aanval op die basis van eiendomsreg en bedreig nie net boere nie, maar alle Suid-Afrikaners. Die wet wat onlangs bekragtig is, sit uiteen hoe die staat grond in sogenaamde openbare belang wil onteien. TLU SA se woordvoerder, Bennie Van Zyl, sê die regering hou die wet voor as ‘n instrument vir hervorming, maar die waarheid is dat dit verreikende, negatiewe gevolge gaan hê vir voedselsekerheid, beleggersvertroue en ekonomiese bestendigheid.