Minister verduidelik kragonderbreking by Sentrale Hospitaal

Gesondheidminister Kalumbi Shangula verduidelik dat die kragonderbreking by die Windhoek Sentrale Hospitaal veroorsaak is deur ‘n oorvol waterreservoir, nie reënwater nie. Daar was geen beserings nie en onmiddellike maatreëls is getref om die veiligheid van pasiënte en werknemers te verseker. Hy sê die hospitaal het vinnig opgetree om die situasie aan te spreek en ‘n veilige omgewing te handhaaf. Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die ministerie verseker dat opknappings elke jaar uitgevoer word om die hospitaal se infrastruktuur in stand te hou en soortgelyke probleme in die toekoms te voorkom.